|
Frankfurter-en-kaasrol
Algemeen
Bereidingstijd: 30-60 minuten
Maaltijdgang: Hoofdgerecht /
Soort keuken: Afrikaanse keuken
Techniek:
Aantal personen:
Ingredienten: Vulsel:
-250g Frankfurters (of boerewors), opgesny in skyfies.
200g (500ml) gerasperde kaas -
40g (50ml) botter/margarien -
1 ui, gekap -
1 eetlepel Worcester sous -
1 eetlepel mostert -
2 eetlepels Mrs Balls blatjang -
1 eiergeel, gemeng met 25ml melk -
vars koljander & roosmaryn Bestanddele: Deeg:
- 275g (500ml) meelblom -
20 ml bakpoeier -
2 ml sout -
125g botter/margarien -
150ml melk
Voorbereiding:
Bereidingswijze: Voorverhit oond tot 200?C (400?F).
Meng meel, bakpoeier & sout.
Vryf die botter deeglik met die vingerpunte in by die meelmengsel.
Voeg melk by in ′n dun straaltjie sodat ′n stywerige deeg vorm
Rol die deeg in ′n 35x27cm reghoek uit.
Braai die ui in ′n bietjie olie tot sag.
Voeg die frankfurters by & braai nog ′n paar minute. (As jy boerewors gebruik, moet dit gebraai word tot gaar.)
Meng die kaas, Worcester sous, blatjang, mostert & koljander in ′n groot bak.
Voeg die gebraaide frankfurters/boerewors & ui by & meng.
Smeer die vulsel eweredig oor die uitgerolde deeg.
Rol die deeg op soos ′n rolkoek en plaas op ′n bakplaat.
Sny die rol in skywe van 1.5-2cm dik, maar moenie tot onder deursny nie; die bodem moet heel bly.
Verf met die eiergeelmengsel.
Bak vir 20 minute of tot goudbruin.
Strooi roosmaryn bo-oor & bedien warm.
|
|
|