|
Portugese Sosaties
Algemeen
Bereidingstijd: Langer dan 2 uur
Maaltijdgang: / BBQ/Fondue
Soort keuken: Afrikaanse keuken
Techniek:
Aantal personen: 6 personen
Ingredienten: 800g varkfilette (varkenshaas)
1 eetlepel paprikapoeier
4 lourierblare (3 heel, 1 fyn gedruk)
3 knoffelhuisies
1 koppie (250 ml) olyfolie
½ koppie (125 ml) vars suurlemoensap(citroensap)
sout en witpeper
1 groensoetrissie (groene paprika)
1 rooi soetrissie (rode paprika)
1 lekker groot, dik chorizo-wors
1 handvol fyngekapte pietersielie
Voorbereiding:
Bereidingswijze: Sny die varkvleis in blokkies so groot as wat jy graag op 'n sosatie wil sien. Druk die knoffel pap met die kant van 'n mes. Neem dan 'n lekker ruim houer en gooi die knoffel, paprika, lourierblare, olie, suurlemoensap en sout en peper daarin. Voeg die vleis daarby, maak die houer toe en laat dit in 'n koel plek of die yskas marineer vir ten minste 12 uur.
As jy sosatiestokkies van hout gebruik, laat week dit 'n paar uur in water. Sny jou soetrissies in blokke en die chorizo in skywe. Nou ryg jy die vleis, soetrissie en chorizo om die beurt op jou sosatiestokkie. Gooi die pietersielie daaroor wanneer dit van die kole afkom.
|
|
|