|
Wortelkoek
Algemeen
Bereidingstijd: Langer dan 1 uur
Maaltijdgang: / Banket
Soort keuken: Afrikaanse keuken
Techniek:
Aantal personen:
Ingredienten: Beslag:
250 ml Koekmeel
10 ml Bakpoeier
7 ml Koeksoda
5 ml Kaneel
2 ml Sout
250 ml Volkoringmeel
300 ml Sonneblomolie
4 eiers
1 blik (440 g) fyngemaakte pynappel
500 ml grof gerasperde geelwortel
250 ml gekapte pekan- of okkerneute
375 ml witsuiker
Versiersel :
250 ml versiersuiker
knypie kaneel
50 ml suurroom of roomkaas
neute vir versieri
Voorbereiding:
Bereidingswijze: Voorverhit oond tot 180?C. Smeer ′n groot ringkoekpan of bespuit met
kleefwerende kossproei. Sif koekmeelblom, bakpoeier, koeksoda en sout
saam. Voeg die volkoringmeel by en meng.
Klits die sonneblomolie en eiers saam. Voeg dit by die meelmengsel en
meng dit baie goed. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
Skep die beslag in die pan en maak dit gelyk. Bak die koek ongeveer ′n
uur tot gaar en mooi bruin. Keer die koek uit en laat dit op ′n draadrak
afkoel.
Meng die versiersuiker, kaneel en suurroom of roomkaas deeglik. Skep dit
oor die koek en laat dit hier en daar effens teen die rand afloop. Kap ′n
klompie neute fyn en strooi dit oor die versiersel.
Lewer ′n groot wortelkoek.
|
|
|