|
Gebakken Aardappel En Vis
Algemeen
Bereidingstijd: Langer dan 1 uur
Maaltijdgang: Hoofdgerecht /
Soort keuken: Afrikaanse keuken
Techniek:
Aantal personen:
Ingredienten: 6 Aartappels -
62,5 ml Margarien -
25 ml Olie -
450 g Stokvismootjies -
Sout & Peper -
1 blik Sardyne in tamatiesous (420 g) -
2 Tamaties, ontvel en in skywe gesny -
150 g Sampioene -
Pietersielie
Voorbereiding:
Bereidingswijze: Sny die aartappels in dobbelsteentjie-blokkies en kook in soutwater tot net gaar, maar nog ferm.
Dreineer.
Smelt die margarien en voeg die olie by.
Gooi oor die gedreineerde aartappels.
Maak die stokvismootjies skoon, geur met sout en peper en maak gaar.
Verwyder die vel en grate, vlok effens en plaas in gesmeerde oondvaste bak.
Voeg die sardyne en tamatiesous by en meng goed.
Rangskik die tamatieskyfies en sampioene bo-op vis en geur met sout en peper, asook ′n bietjie pietersielie.
Skep die aartappel-blokkies bo-op en plaas in voorverhitte oond van 180 ?C.
Bak vir 40 - 50 minute lank of totdat die aartappelkors goudbruin en bros is.
Genoeg vir sowat 8 persone.
|
|
|