|
Biltongpannekoek
Algemeen
Bereidingstijd: 30-60 minuten
Maaltijdgang: / Lunch/Brunch
Soort keuken: Afrikaanse keuken
Techniek:
Aantal personen:
Ingredienten: 3 koppies bruismeel(zelfrijzend bakmeel)
4 eiers (geel en wit apart)
1 ml sout
10 ml bakpoeier
4 koppies water
1 koppie olie
BILTONGVULSEL:
Sny beesbiltong baie fyn (nie stof nie) en braai saam met fyngesnyde uie
in klein bietjie olyfolie. Indien verkies, kan swartpeper bygevoeg word
(nogal heelwat).
Voorbereiding:
Bereidingswijze: Klits eierwitte styf. Meng al die ander bestanddele goed saam (sonder
klonte) en vou eierwitte daarby in. Die mengsel moenie te dik wees nie,
voeg eerder nog water by. Laat 10 minute staan om te rus.Bak nou pannekoeke (lekker grotes!), plaas biltongvulsel in die middel en
vou van beide kante van die pannekoek na binne oor die vulsel. Rasper nou
sterkgegeurde kaas bo-oor en smelt effens in mikrogolf of gewone oond.
|
|
|