|  | 
        
    Pampoenkoekies | Algemeen Bereidingstijd: 0-10 minuten
 Maaltijdgang:  / Banket
 Soort keuken: Afrikaanse keuken
 Techniek:
 Aantal personen: 6 personen
 
 Ingredienten:
 LEWER 6 PORSIES
 
 650-700 g pampoen, afgeskil, in blokkies gesny (ons het ′n
 botterskorsie gebruik, maar Hubbard of boerpampoen is ook
 goed)
 125 ml koekmeelblom
 5 ml bakpoeier
 5 ml fyn kaneel
 knippie sout
 2 eiers, geklits
 gerasperde skil van 2 lemoene
 olie vir vlakvetbraai
 kaneelsuiker en suurlemoenwiggies vir garnering
 
 Voorbereiding:
 Pampoenkoekies met kaneel-suiker is menige se gunsteling. En
 dis maklik om te bemeester.
 
 Bereidingswijze:
 Plaas pampoen in ′n kastrol met bietjie water en kook oor matige hitte tot sag en gaar. Dreineer en skep pampoen uit in ′n sif door die kastrol om te dreineer. Indien pampoen waterig is, kan dit in ′n kastrol verhit word oor matige hitte sodat die oortollige vloeistof kan verdamp.
 
 Laat afkoel. Jy het 500 ml gaar, fyngedrukte pampoen nodig. Vryf pampoen met ′n houtlepel deur ′n growwe sif.
 Sif koekmeelblom, bakpoeier, kaneel en sout saam.
 
 Klits eiers en gerasperde lemoenskil saam.
 
 Voeg pampoen en geklitste eiers by gesifte bestanddele. Meng deur. Dit sal ′n taamlike slap beslag wees, maar dit moenie te loperig wees nie.
 
 Verhit olie in ′n braaipan. Skep lepels vol van beslag in verhitte olie en braai tot goudbruin alkante. Dreineer op absorbeerpapier. Sprinkel kaneelsuiker oor die bodem van ′n opdienbord. Rangskik pampoenkoekies op bord en sprinkel weer kaneelsuiker oor. Garneer met suurlemoenskyfies en sit voor.
 
 
 |  | 
 |