|
Maispoffertjes
Algemeen
Bereidingstijd: 0-10 minuten
Maaltijdgang: / Borrelhapjes
Soort keuken: Afrikaanse keuken
Techniek:
Aantal personen:
Ingredienten: 1 eier -
1 blikkie suikermielies -
2 selderystingels -
1 soet groenrissie -
60g rou garnale -
1 vars groen brandrissie -
6 sprietuie -
60g meelblom -
10g bakpoeier -
geurmiddels na smaak -
kookolie
Voorbereiding:
Bereidingswijze: Maal die uie, groenrissie en brandrissie tot ′n pasta.
Maak garnale skoon en kap fyn.
Sny seldery fyn en voeg suikermielies by.
Sit al bogenoemde bestanddele in ′n mengbak.. Breek die eier in die mengsel en roer.
Voeg meel, bakpoeier en geurmiddels by. Meng goed om ′n gladde beslag te vorm.
Verhit olie totdat dit begin rook en stel hitte laer.
Skep opgehoopte lepels vol beslag in die olie. Diepbraai tot goudbruin; draai om wanneer nodig.
Dreineer goed. Bedien warm met brandrissiesous.
|
|
|