| 
        
         | 
                
    
        
    Worstje En Kaasrol 
    
     
                     
                             
                             Algemeen 
                          Bereidingstijd: 30-60 minuten 
                          Maaltijdgang:  / Borrelhapjes 
                          Soort keuken: Afrikaanse keuken 
                          Techniek:  
                          Aantal personen: 
  
                          Ingredienten: KORS:  
500 ml koekmeelblom - 
20 ml bakpoeier - 
2 ml sout - 
125 g botter of margarien - 
150 ml melk - 
VULSEL 
250 g Weense worsies grof gerasper - 
500 ml gerasperde kaas - 
50 ml botter of margarien - 
1 uitjie fyn gekap - 
7 ml worcestersous - 
7 ml aangemaakte mosterd - 
1 eiergeel en 25 ml melk saam geklits - 
vars gekapte pietersielie en ander groene-kruie
  Voorbereiding:  
  
                          Bereidingswijze:   Verhit die oond tot 200c. Smeer ′n bakplaat.  
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter liggies met die vingertoppe in die meelmengsel in tot goed gemeng.  
Sny die melk met ′n slaplemmes in die meelmengsel in terwyl dit geleidelik in ′n straaltjie bygevoeg word; ′n taamlike stywe deeg moet ontstaan.  
Rol die deeg op ′n meelbestrooide deegplank uit in ′n reghoek van 35x27 cm.  
Meng die weense worsies, kaas, botter, uitjie, worcestersous en mosterd goed saam. Smeer die mengsel ewe dik oor die deeg.  
Rol dit soos ′n rolkoek van een kort sy af met die vulsel tussenin.  
Plaas die rol op die bakplaat. Sny die rol in dunnerige skywe met ′n skerp mes, maar moenie die rol tot onder deur sny nie, die boom moet heel bly.  
Trek die skywe effens uitmekaar.  
Verf eiermelk bo-oor.  
Bak die rol 20 minute tot ligbruin en gaar en sprinkel dan die kruie oor.  
                                 
                         
                     
         
        
                     
        
                      | 
        
                     
                         
                           |   
     
                 |